HOE OM SOUTBEESVLEIS GAAR TE MAAK
Corned beef.
- 1 “corned beef” of 2 kg beesbrisket
- 1 – 2 lourierblare
- 1 ui, gekerf
- 1 wortel, opgesny
- 5 ml sout
- swartpeper korrels
- olie vir potbraai
Bedek die vleis met water in ‘n pot, voeg die lourierblare by, uie, wortel, sout, ‘n paar swartpeper korrels by en kook die stuk vleis tot gaar. Ongeveer 45 min – 1 uur.
Jy moet ‘n 2 tand vurk gemaklik kan deursteek.
Potbraai as daar ‘n vetjie aan is in’ n bietjie olie tot mooi gebraai regom.
Haal uit en laat redelik afkoel.
Sny op in skywe en geniet.
Resep deur Jannie-Wilma Brönner