HOE OM SAMPIOENE TE VRIES
Steph Kirchner
Hi julle, kan ek ‘n pakkie vars sampioene in die vrieskas plaas tot ek dit nodig het?
Anni Santana
Ek braai die sampioene in bietjie botter vir paar minute, laat heeltemal afkoel en plaas in sakkies… nog nooit siek geword nie!
Rio Judy Canovi Brand
Ek het eers die buite velletjie afgetrek. Ek het dit nie met water of ‘n servet skoon gemaak nie. Gesny en gevries. Kyk hoe mooi lyk hulle gevries!
Karen Mackay
Snipper en krap oop op ‘n skinkbord, plaas in vrieskas tot gevries en verpak in sakkies.
Tanya Smith
Kerf dit eers in skywe en vries dan. Wanneer jy dit wil benodig, gebruik dit net so gevries. As jy die sampioene eers ontdooi gaan dit baie waterig wees.
Marian van Deventer
Jy kan dit eerder opsny en droog in oond. Gaan baie langer hou….ek het dit vandag gelees.
Belinda Steenberg de Bod
Doop die sampioene in sout kookwater vir 2 minute, dreineer die water af en laat die sampioene afkoel voor dit gevries word! Werk leka!
Verna Parker
Ek vries dit net so en dit kom niks oor nie.
Ina Marais
Sampioene vries goed. Ek vries dit so.
Sny skyfies, braai tot gaar en alle vog verdamp is. Sprei die gebraaide sampioene op ‘n plat oppervlak uit en vries. Sodra dit gevries is, pak dit in ziplock sakkies en plaas dit terug in die vrieskas. Gebruik soos nodig. Ek het van dié gevriesde sampioene in slaaie gebruik. Dit het ‘n fyn neuterige smaak.
Rina Kleinhans
Ek sny myne net en vries dit enkel laag op ‘n skinkbord, (foto 1) verpak dan in ‘n ziploc sakkie, en sit terug in die vrieskas.
Kan daarna net in warm kos gebruik word, of souse, dit werk perfek. Gebruik van gevries af, moenie laat ontdooi nie.
Eliska Lesch
Ja jy kan, maar as jy dit daarna weer gebruik moet dit nie ontdooi nie. Plaas dit gevries in jou warm pan, die hitte van die pan sal die water absorbeer en jou sampoiene gaan nie “chewierig” proe nie
Foto’s 1 en 2: Rina Kleinhans
Foto 3: Ina Marais