Your Recipe Blog

HOE OM NEUTE TE AKTIVEER

HOE OM NEUTE TE AKTIVEER

Plaas die neute in genoeg koue water vir ten minste 4 ure (Foto 1)
Dreineer die water af deur ‘n vergiettes en spoel goed af (Foto 2)
Plaas die neute vir ‘n verdere 4 ure in genoeg koue water (Foto 3)

Dreineer die water weer af deur ‘n vergiettes, spoel goed af met vars, koue water en laat dit so staan vir ongeveer ‘n uur sodat die meeste water dreineer. (Foto 3 en 4)

Voeg ½ teepel sout by per 1 kg neute en meng goed deur.
Plaas die neute op bakplate en droog uit by 65°C (nie hoër nie) vir ongeveer 4 tot 5 ure.

Roer die neute gereeld deur. (Foto 5 en 6)
Koel af en verpak.

Nota:
Geaktiveerde neute is sagter op jou spysverteringstelsel, want die fitielsuur word uitgeweek, wat maak dat die voedingstowwe makliker deur die liggaam absorbeer word. Dit verhoog die raklewe, want fitielsuur maak dat die neute gou galsterig raak en laastens dit proe 1000× beter. Dis meer “crunchy” en ligter in die mond. Dis ‘n lang storie, maar beslis die moeite werd.

Resep en foto: Frikkie Jones

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page