Your Recipe Blog

HOE OM GROENTE TE DROOG EN GEBRUIK

HOE OM GROENTE TE DROOG EN GEBRUIK

Ida Bouwer
Wat is jou ervaring van gedroogte groente en watter tipe het jy al gedroog met sukses? Enige waarskuwings? Gesels gerus saam en deel jou kennis met ons.

Petro Borchard:
My dehidreerder kan tussen 35°C en 74°C gestel word. Ek doen amper alles op 40 – 50°C. Dit verskaf ‘n eindproduk waarvan die kleur normaal bly.
Waarvan ek BAIE maak, is kruie, aartappels, uie, tamaties, mushrooms, baby marrows, geel pampoen, preie, spinasie, wortels, kool en seldery. Van dit word gesny in skyfies soos jy dit sou benut in bredies, Ander rasper ek om dit vinniger droog te kry en blits dit dan na poeier.
Ek gebruik meestal van die produkte in bredies en soppe, maar sit in amper alles waar ek kan ‘n klompie van die poeiers. ‘Sekere mense’ eet nie graag groente nie, maar kom dit gladnie agter as dit so in maalvleis of ander souserige disse ingesmokkel word nie.
Ek meng ‘n variasie van groen goed soos spinasie, komkommer, kruie en appel in ‘n Groen Mix wat by smoothies ingaan.
Alles wat jy rou sou eet, kan net so in die dehidreerder gaan. Items wat jy net gaar eet moet jy verkieslik eers blanseer of gaar maak. Dit behou die kleur en is dan ook onmiddelik beskikbaar indien jy op ‘n kamp of stap tog dit wil eet.
Aartappels – as ek te veel het, bak ek dit in die oond of kook tot net voor gaar. Laat heeltemal afkoel en sny dit dan in skyfies of rasper. Jy kan dit eers gooi met smaakmiddels of dit eers as jy dit in disse wil gebruik doen. Die dh aartappels maak ek meestal fyn vir verdikking middel of soos mash.
Die nuutste craze op die dehidreer groep waar ek is, is om komkommer of baby marrow skywe met Ranch Dressing mengsel te geur en dan te droog – hulle eet dit soos groente chips.
Nog ‘n baie (obvious Amerikaans) gewilde ding daar is om marshmallows te droog en dan in ontbyt pap of in hot chocolate te gooi. Die blote gedagte maak my naar.
Ek maak ‘n groot mengsel van alles wat ek in die hande kan kry wat op die oomblik goedkoop en in seisoen is en droog dit individueel of koop gevriesde gemengde groente. Dit maak ek in porsies op om saam met daardie bottels lensies, sop poeier ens te gee vir nood kos. Die mengsel kan ook verpoeier word vir ‘n groente stock.
Appel skywe wat gestrooi is met mixed spice, kaneel en strooi suiker is heerlik as dit tot crispy gedroog word.
Van die groente wat nie vir my lekker is nie, is boontjies en broccolli – dit verloor hulle kleur en smaak as dit te lank oorstaan. Ek verkies om dit te verpoeier.
Vars mushrooms se tekstuur gril my, maar die geur wat gedroogde gerasperde of verpoeierde weergawes verskaf aan enige souterige dis is ongelooflik.

Ida Bouwer:
My oudste dogter het al verskeie proefnemings gedoen met vrugte, en veral pynappels is heerlik. Ek myself het al rissies gedroog as ek klaar ge-oes het, en ook pietersielie.

Nicolette Papas:
Peas, beans and mix vegetables. I cook my vegetables till nearly cooked. Dry it thoroughly place it on my drying shelves and dry till totally dry. I use a biltong box with a fan heater. Depending on what I’m drying, it can take 12 hours and longer to totally get it dry.

Cheryl Lynne Botha:
I dry my own herbs all the time. Even celery leaves get popped into the oven to dry for when I don’t have celery. I recently tried mushrooms but I forgot they were in the oven. That was a disaster but I’ll try again. I’ve also dried loads of chillies very successfully. I have a thermo fan oven which makes it easier. I usually do it on around 50°C

Amanda Taylor:
Ek droog al my groente. Ek sondroog tamaties en die res in my oond. Murgpampoene laat ek taamlik groot groei, sny in dun skywe voor dit oond toe gaan. Werk heerlik in sop en bredies en selfs vir lasagne-skyfies met maalvleis. Soms vat ek handevol soveel ek benodig en kook saam uie, aartappel en lekker baie peper vir die heerlikste groentegereg. Dis heerlik. Hier is van verlede jaar se gedroogde murgpampoen.
Ek gebruik dit net so. Gooi in pot saam met wat ookal. Ek week nie vooraf.
Ek sit net so in oond op ongeveer 50/60°C.

Petro Borchard:
Droog in die oond – dit hang alles af van hoe dik jy die skywe sny, gewoonlik “tot dit droog is”
Amanda Taylor:
Ek droog tot dit droog is. Het altyd so 3 panne in en haal kort kort die wat droog is uit en vul weer op. Ek skat dit vat so gemiddeld 5 ure per pan. Dis maar moeilik met tamatiepitte so ek sny skywe en hoop vir die beste. Mens verloor maar pitte maar hanteer maar versigtig as jy sny en pak op ogiesdraad.

Alta Mc Sherry Wharren:
En hoe sny jy tamaties sodat pitte nie uitval nie?
Petro Borchard:
Ek krap gewoonlik die pitte en jellie rondom dit uit en gebruik net die vleis van die tamaties.

Foto: Amanda Taylor
2de foto: Petro Borchard

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page