HILDA SE DADELVINGERS
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie
Foto: Wilna Dorfling
Hilda van 7 de laan se dadel vingers net in blokkies gesny
Nou weet ons ook waaroor die bohaai gaan.
Hilda vertel: Dis trooskos vir mense wat moeg is na liggaam, siel en gees. Wees maar gereed om met die tweede bakslag die bestanddele te verdubbel. Twintig hou skaars ‘n paar dae tussen my en Oubaas.
- 250 g botter of margarien
- 250 ml suiker
- 500 g dadels, fyn gekap
- 1 eier, goed geklits
- 100 g (125 ml) groen glanskersies
- 100 g (125 ml) rooi glanskersies
- 1 x 200 g pakkie Mariebeskuitjies, in klein stukkies gebreek
- Klapper, om oor te strooi
- Smeer ‘n koekpan van 26 cm x 16 cm. Verhit botter of margarien en suiker oor matige hitte en roer tot suiker gesmelt is.
- Verlaag hitte, voeg dadels en eier by en meng vinnig en deeglik om eier egalig te versprei.
- Voeg kersies en koekiestukkies by, meng en haal van die stoof af.
- Giet mengsel in voorbereide pan en druk dit stewig met die agterkant van ‘n glas vas.
- Strooi klapper oor en laat heeltemal afkoel.
- Sny in vingers van 3 cm x 6 cm.
- Variasie – Nathalie Jessica Koekemoer- Groot
- Ek het die kersies vervang met neute, gedroogde mango en papaja stukkies!!

