HEUNING KOEK/POEDING
- 120 g ongesoute botter
- 2 groot eiers
- 1 koppie melk
- ½ koppie witsuiker
- 1 koppie bruismeel
- knippie sout
- Sous:
- 250 g gesoute botter
- 125 ml rou heuning
- gebreekte heuning koek (honey comb), opsioneel
Verhit oond tot 180°C.
Smeer tertpan/oondvaste bak.
Klits botter en voeg eiers en melk by.
Klits suiker stadig by.
Sif die meel en sout en vou in die bottermengsel.
Giet in voorbereide bak en bak tot goudbruin vir ± 40 minute.
Sous:
Smelt botter en heuning saam.
Prik warm koek vol gaatjies en giet sous oor. Laat afkoel.
Stapel heuningkoek stukkies bo op indien so verkies.
Sit voor met vla, roomys of room.
Resep geplaas deur Sheena Mouton
Foto’s: Chantelle Velloen