Your Recipe Blog

HEUNING KARRINGMELKBESKUIT

Recipe by
Cook: 45 - 50 min

HEUNING KARRINGMELKBESKUIT

Resep en foto:  Amanda Austen

  • 10 x 250 ml koekmeel
  • 60 ml bakpoeier
  • 20 ml sout
  • 15 ml anys
  • 375 g botter of margarien
  • 3 ekstra groot eiers
  • 250 ml suiker
  • 250 ml heuning
  • 7 ml koeksoda
  • 7 ml kremetart
  • 250 – 400 ml karringmelk
  • Voorverhit die oond tot 180°C. Bespuit ‘n oondpan met kleefwerende kossproei.
  • Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Voeg die anys by.
  • Vryf die botter in tot die mengsel soos fyn broodkrummels lyk.
  • Klits die eiers tot skuimerig. Voeg die suiker en heuning by die eiers.
  • Meng die koeksoda en kremetart met die karringmelk en voeg by die eiermengsel.
  • Klits goed tot die suiker opgelos is.
  • Voeg die vloeistof by die droë bestanddele en meng tot stywe deeg. Voeg meer karringmelk by indien nodig.
  • Maak klein bolletjies en plaas in die pan (of skep die beslag net so in die pan en maak gelyk).
  • Bak ongeveer 45 – 50 min lank of tot die toetspen skoon uitkom.
  • Breek in stukke (of sny in vingers) en plaas op bakplate.
  • Droog uit teen 70°C tot die beskuit goed uitgedroog is.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page