HETTIE SE PEPPARY DEWS
(Sweet Peppadews)
- 15 – 20 peppadews per botteltjie
Sny stingels van peppadew af en ontpit met agterkant van teelepel.
Spoel af in yskoue water.
- Meng saam:
- 5 koppies suiker
- 5 koppies water
- 5 koppies wit asyn
- 2 eetlepels droë piekel mix, sonder lourier blare
Kook tot suiker opgelos is.
Pak rou peppadews in gesterliseerde warm bottels.
Giet warm stroop oor en maak seker bottel is tot bo gevul en alle lugborreltjies is uit.
Laat staan onderstebo tot heeltemal koud.
Nota:
Hoe langer dit staan, hoe lekkerder word dit – omtrent 2 weke.
Vul met maaskaas en geniet.
Pas die stroop aan volgens die hoeveelheid peppadews wat jy het – 1 koppie van elk van stroop bestanddeel vul ongeveer 2 botteltjies.
Die peppadews hoef nie vooraf te kook nie, maar dis jou eie keuse. Dit bly lekker “crispy” as jy dit net so insit – indien jy dit wil kook moet dit net so 2 min wees. Hoe langer dit staan hoe sagter word dit.
Resep en foto: Hettie Gouws Stoltz