Your Recipe Blog

HERDERSPASTEI MET SPEK

HERDERSPASTEI MET SPEK

  • Maalvleis:
  • olie
  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 1 klein soetrissie, in klein blokkies gesny
  • 3 repe spekvleis, gekap
  • 750 g maalvleis
  • 1 wortel, in klein blokkies gesny
  • 1 blik (400 g) heel tamaties in tamatiepuree, gekap
  • 30 ml tamatiepasta
  • 5 ml droë basiliekruid
  • 5 ml droë oreganum
  • 1 ml neutmuskaat
  • 15 ml witsuiker
  • sout en peper na smaak

Verhit ‘n pan en giet klein bietjie olie daarin.
Sorteer die ui, knoffel en soetrissie tot glasig.
Voeg die spekvleis by en braai tot gaar.
Voeg die maalvleis bietjie vir bietjie by en roerbraai tot gaar.
Voeg laastens die wortels, tamaties en die res van die bestanddele by.
Laat opkook, verlaag die hitte en laat sowat 20 tot 30 minute lank stadig prut tot ‘n dik sous gevorm het.
Skep uit in ‘n oondbak.

  • Aartappel bolaag:
  • 7 medium aartappels geskil
  • 150 ml melk
  • 30 – 40 ml margarien
  • 2 ml bakpoeier
  • sout en peper na smaak

Kook die aartappels in soutwater tot sag. Dreineer en druk fyn.
Voeg die melk, margarien en bakpoeier by en meng tot lekker lig.
Geur met sout en peper.
Skep bo-op die maalvleis en maak mooi gelyk. (Ek stip dit dan bo-op die aartappels met bietjie margarien)
Bak tot die aartappel goudbruin is by 180ºC. (Alles is gaar so dit kan net bruin word)

Resep en foto: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page