HERDERSPASTEI MET ‘N VERSKIL
- Vleismengsel:
- 1 kg beesvleis blokkie (beef goulash)
- 1 groot ui, in blokkies gesny
- 1 groot groen soetrissie, in blokkies gesny
- 250 g sampioene
- 1 biefekstrak blokkie, aangemaak met 500 ml water
- sout na smaak
- peper na smaak
- 1 pakkie tamatiepasta
- 15 ml Bisto, aangemaak met 125 ml witwyn
Braai die goulash saam met die uie, soetrissie en sampioene vir ‘n paar minute tot die vleis begin verkleur.
Voeg die sout, peper en tamatiepasta by en roer deur.
Voeg die biefekstrak en Bisto by en bring tot ‘n prut.
Prut tot die vleis lekker sag is en die sous begin verdik.
Skep die mengsel in ‘n oondvaste bak.
- Aartappelballe:
- 5 medium aartappels, sag gekook en fyngemaak
- sout na smaak
- peper smaak
- knippie neutmuskaat
- 1 eier
- kaas, in blokkies gesny
Klits die eier en meng die sout, peper en neutmuskaat by.
Voeg by die aartappels en meng goed.
Smeer jou hande met botter of olie om te help dat die mengsel nie klou nie.
Vorm genoeg balle om oor die vleismengsel te gaan.
Druk ‘n blokkie kaas in elke bal in.
Plaas die balle in die vrieskas om ferm te word.
Pak die balle bo-op die vleismengsel.
Bak in ‘n warm oond van 180°C tot die balle effe bruin is.
Strooi gerasperde kaas oor.
Geniet!
Foto en resep: Elizabeth Haupt