Your Recipe Blog

HERDERSPASTEI MET ‘N TWIST

HERDERSPASTEI MET ‘N TWIST

(so iets tussen ‘n herderspastei, bobotie en pastei)

  • 1 kg maalvleis
  • 1 kg medium aartappels
  • 2 medium uie
  • kerrie en speserye, na smaak
  • gedroogde knoffelvlokkies
  • Aromat, na smaak
  • 50 ml bruin druiweasyn
  • 1 handvol korente (baba rosyntjies)
  • stukkie botter vir fyn aartappels (kan ook met melk maak)
  • 2 koppies Cheddar kaas
  • 1 pakkie skilferkors deeg

Kook aartappels tot sag, maak fyn en sit botter by.
Maak intussen die maalvleis gaar terwyl die aartappels kook.
Ek het myne met bietjie water (so koppie) opgesit, twee uie gekerf en bygesit, knoffelvlokkies, Cartwrights kerrie na smaak, fyn koljander, Aromat, fyn naeltjies, 50 ml bruin druiweasyn en korente bygevoeg.
Alles laat prut tot meeste vog weggekook het. Laat staan paar minute om af te koel.
Plaas uitgerolde deeg in foeliebakke in oond en bak blind tot effens bruin. (15 min by 180ºC)

Skep helfte van die maalvleismengsel in, dan laag fyn aartappels, dan weer maalvleis en laastens cheddar kaas.
Bak in oond tot goudbruin.
Laat staan paar minute om af te koel voor opdiening, dan sny dit makliker en breek nie soos as dit kokend is nie.

Bedien saam met ‘n lekker mengelslaai.
Ek het twee medium en vyf klein tertbakkies uitgekry. Die kleintjies het net een laag maalvleis binne gekry.

Resep en foto: Christelle van Rooyen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5