Your Recipe Blog

HERDERSPASTEI MET GROENTE

HERDERSPASTEI MET GROENTE

  • 1 kg maer beesmaalvleis
  • 9 medium aartappels
  • botter en melk vir kapokaartappels
  • 3 medium uie, gekap
  • 1 pakkie 125 g gemengde groente
  • 1 pakkie skaapsoppoeier
  • 1 eetlepel Bisto
  • 1 eetlepel koekmeel
  • 1 eetlepel gebreekte koljander
  • 2 teelepels Aromat
  • 1 teelepel swartpepper
  • sap van 1 suurlemoen

Braai die uie in bietjie olie tot deurskynend.
Voeg bietjies water by.
Voeg die groente by en kook totdat dit  sag is.
Voeg die maalvleis by en kook/braai totdat dit gaar is.
Voeg die speserye by en meng.
Maak die soppoeier, koekmeel en Bisto aan met bietjie water tot dit ‘n pasta vorm.
Voeg die suurlemoensap by.
Voeg die pasta by die maalvleis.
Indien die maalvleismengsel nog vog nodig het, voeg bietjie water by, maar die vleis moet nie loperig wees nie.
Skep die mengsel in ‘n gesmeerde oondbak.
Kook die aartappels tot sag.
Maak dit fyn en voeg smaakmiddels by na keuse (ek het ook so ‘n bietjie bakpoeier en neutmuskaat bygevoeg).
Voeg twee eetlepels botter en melk na gelang by en meng tot lekker gladde kapokaartappels.
Skep nou die aartappels  bo-oor die vleismengsel en stip met klontjies botter.
Bak in die oond by 180°C tot punte bruin en botter gesmelt is.

Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page