HERDERSPASTEI MET BLOKKIES VLEIS
- ongeveer 1½ kg rumptails*, in blokkies gesny
- 8 tot 10 medium aartappels, gekook en fyn gemaak, bêre eenkant
- 2 groot uie, opgekap
- 1 teelepel fyn knoffel
- 1 pakkie Portabelini sampioene, opgesny
- ½ suurlemoen se sap
- 2 eetlepels speserye van jou keuse. Ek het my bbq speserye gebruik en 1 teelepel gebreekte koljander saam gewerk
- suurlemoensap in vleis
- 3 koppies gemengde groente
- 1 koppie goeie rooi wyn, ek het Merlot gebruik
- koekmeel om vleis in te rol
- olie vir braai
Nota: *jy kan ook skaapvleis gebruik.
Braai uie, knoffel en sampioene saam, skep uit en hou eenkant.
Voeg nou nog bietjie olie by in die kastrol, rol vleis in bietjie meel, bêre die oorblywende meel.
Braai vleis bietjie op ‘n slag tot bruin. As al die vleis klaar gebraai is, hou eenkant.
Giet extra olie af, voeg die water by om pan te “deglase”, plaas die vleis, sampioene en uie terug in kastrol.
Voeg nog bietjie water by indien nodig en ook die koppie wyn, kook tot amper sag.
Voeg die groente by. Kook tot sag.
As die vleis te souserig is, meng die extra meel wat oorgebly het met bietjie Bisto en voeg by in kastrol saam met die vleis.
As daar nog smaak middels moet bykom, voeg nog na smaak by.
Skep die mengsel uit in ‘n oondbak, en skep die kapokaartappels op die vleis.
Stip met stukkies botter, bak in die oond by 180ºC tot botter gesmelt is en die aartappels effe bruin geword het.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk