HENNIE SE BOONTJIESOP
- 500 g rooi nierboontjies “red kidney beans”
- 30 ml koeksoda
- 500g beesskenkel vleis, opgesny
- 2 medium groot uie, gesny in ringe
- 100 g spek, in blokkies gesny
- water
Voeg koeksode by die boontjies en bedek met water. Laat staan vir 2 tot 3 ure. Spoel goed af.
Sit vleis onder in die prut pot. Sit uie en spek by en skep geweekte bone bo-op. Bedek met water. Laat oornag kook op auto.
- 2 medium aartappels, geskil en in kwarte gesny
- 2 groot wortels, geskil en in blokkies gesny
- 2 seldery stingels, klein opgekerf
- sout en peper
- 1 blokkie vleisekstrak
- 1 pakkie tamatiepuree
Volgende oggend of wanneer die bone omtrent heel sag is, voeg die aartappels, wortels en seldery by die gekookte vleis en bone.
Voeg vleisekstrak blokkie, sout en peper na smaak by.
Kook verder vir 2 ure todat alles sag gekook is.
- 250 g macaroni (droog)
Kook macoroni sag en voeg by fyn gekookte sop net voor opdiening.
Resep en foto: Hennie de Venter