Your Recipe Blog

HENDRIK SE BILTONGTERT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 35 - 40 munite

HENDRIK SE BILTONGTERT

  • 1 rol skilferkorsdeeg
  • 160 g klam biltong
  • 1 koppie gerasperde kaas
  • 250 ml room
  • 2 ekstragroot eiers (of 3 groot eiers)

Verhit oond tot 180 ºC.
Rol deeg op meelbestrooide oppervlak uit. Plaas die deeg in die tertbak (spuit met spray en cook) moenie deeg rek nie (dit krimp terug as dit bak) Maak die randte van die tertbak netjies.
Strooi die biltong op kors se bodem.
Strooi kaas bo-oor.
Klits room en eiers saam. Gooi mengsel oor biltong en kaas.
Bak in oond vir 35-40 minute.
Haal uit en laat afkoel.
Dien dit louwarm op saam met ’n groen slaai.
Jy kan dit die aand voor die tyd maak en die oggend en net so ‘n rukkie by 100 ºC weer opwarm.

Resep en foto: Hendrik Markgraaff

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page