Your Recipe Blog

HENDRIK SE BEESSTERT MET BRANDEWYN

HENDRIK SE BEESSTERT MET BRANDEWYN

Resep geplaas deur Hendrik Markgraaff‎
Foto: Hendrik Markgraaff‎

  • 1 kg beesstert
  • 100 ml olyfolie
  • 2 uie, gekap
  • 8 wortels, in ringe
  • 2 seldery stingels, in skywe
  • 50 ml brandewyn
  • 250 ml rooiwyn
  • 500 ml beesvleis aftreksel
  • 2 lourierblare
  • 6 kruienaeltjies
  • 2 knoffelhuisies
  • tiemie, pietersielie, sout en peper na smaak
  • 2 tamaties, geskil en gekap
  • gerasperde skil van ‘n lemoen
  • Verhit olie in pot en braai uie en seldery tot bruin en haal uit.
  • Verbruin beesstert in dieselfde pot.
  • Maak brandewyn warm, giet oor stert en steek aan die brand.
  • Voeg rooiwyn by sodra vlamme dood is en kook paar minute.
  • Voeg genoeg aftreksel by om vleis net te bedek.
  • Voeg res van die bestanddele by buiten die tamatie en lemoenskil en prut oor lae hitte vir 3 ure.
  • Laat afkoel en skep oortollige vet af.
  • Sit tamatie en lemoenskil by, prut verder vir ‘n uur.
  • Bedien met rys of stampmielies.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page