HEMELSE STEAK
- 1 kg tenderised steak, sny in stukke
- 2 uie, in dun skywe gesny
- 1 bakkie sampioene, in dun skywe gesny
- koekmeel, gemeng met speserye van jou keuse
Meng meel met speserye van jou keuse en rol die steak in die mengsel, skud die ekstra meel af.
Pak lae om die beurt met vleis, uie en sampioens in ‘n oondvaste bak.
- Meng nou die volgende buiten die kaas saam en giet oor vleis in bak.
- 200 ml melk
- 250 ml room
- 1 eetlepel Worcestersous
- 1 eetlepel blatjang
- 1 eetlepel tamatiesous
- 1 pakkie wit uiesoppoeier
- 1 koppie gerasperde kaas
Strooi gerasperde kaas bo-oor en bedek met foelie of maak toe met deksel.
Bak vir 60 – 90 min by 160 ºC.
Nota:
Maak seker jou oond is nie te hoog nie, die steak moet stadig gaar word, as jou hitte te hoog is gaan die room skei.
Geniet!
Ek het myne net 60 min gebak.
Foto: Benhet Niewenhuis