Your Recipe Blog

HELEEN’S TRINCHADO

HELEEN’S TRINCHADO

Resep en foto’s:  Heleen Brümmer Nel

  • Marinade:
  • 750 g fillet steak, in blokkies gesny
  • 125 ml brandewyn
  • 125 ml droë rooiwyn
  • 60 ml Worcestersous
  • 5 ml Ma Maria Portuguese rissiesous (of enige rissiesous of rissies of gedroogte rissievlokkies)
  • 60 ml sojasous
  • 30 ml balsamiese asyn
  • 4 lourierblare
  • 15 ml fyn knoffel
  • ½ suurlemoen se sap
  • Trinchadosous:
  • botter en olie om die steak te braai
  • 1 blokkie biefekstrak met 15 ml water aangemaak
  • tamatiepasta
  • olywe
  • 2 uie
  • ½ bottel Nando’s Pregosous
  • 60 ml soet rissiesous (sweet chilli sauce)
  • 2 koppies biefekstrak
  • ½ teelepel sout
  • swartpeper
  • Portugese hoenderspeserye
  • 1 pakkie ontpitte swart olywe (dit kan aangepas word na smaak)
  • 1 koppie room
  • ½ pakkie wit of bruin uiesoppoeier
  • 4 Portugese broodrolletjies
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • Marinade
  • Plaas fillet in dieperige bak.
  • Meng brandewyn, rooiwyn, Worcestersous, sojasous, suurlemoensap, knoffel, Ma Maria’s Portuguese rissiesous en lourierblare saam en bedek die steak met die mengsel.
  • Marineer vir so 3 – 4 ure.
  • Trinchado
  • Smelt botter, voeg olie by en verhit.
  • Braai uie tot sag en deurskynend haal uit en hou eenkant.
  • Geur steak blokkies met Portuguese hoenderspeserye en braai ‘n bietjie op ‘n slag, so soplepel op ‘n slag.
  • Braai elke soplepel vol en hou eenkant tot al die steak gebraai is. Vul bietjies olie en botter in soos benodig.
  • Plaas die steak blokkies terug in die pan saam met die MARINADE, die soet rissiesous en ‘n halwe bottel Nando’s se Prego sous.
  • Voeg tamatiepasta by en kook stadige hitte vir ¾ uur.
  • Voeg olywe, paprika, sout, gemaalde swart peper by, meng die room en uiesoppoeier en meng by die vleismengsel in, prut vir so 15 – 20 minute.
  • Bedien in diep bakkies, sit skyfies (french fries of slap chips) in die bakkie, skep die Trinchadomengsel bo-op, skep bietjie van die gerasperde suurlemoenskil bo-op en bedien met Portuguese rolletjies om daai sous mee te op te vee.
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page