Your Recipe Blog

HELEEN SE SOUSPOEIER

HELEEN SE SOUSPOEIER

Resep en foto:  Heleen Brummer Nel
Ek maak my eie bruin souspoeier. Dan vat ek so 3-4 eetlepels, meng met lou warm water en die vleis vet in pan.

Souspoeier:
Hierdie poeier kan jy gebruik om ‘n lekker bruin sous vir jou kapokaartappels, rys of pap te maak of om bredies of kerrie te verdik.

  • Meng die volgende saam:
  • 2 pakkies Hearty Beef Stew
  • 2 pakkies Savoury Instant Gravy
  • 1 x 400 g pakkie Knorrox Soup Oxtail flavour poeier
  • Meng alles saam.
  • Stoor in ‘n lugdigte houer.
  • Om die bruinsous aan te maak:
  • Ekstra:
  • 1 groterige ui
  • 500 ml kookwater
  • ± 10 ml Worcestersous
  • ± 10 ml tamatiesous of tamatiepuree
  • Braai die ui in die wors of vleis se vet tot bruin.
  • Voeg die kookwater by uie.
  • Skep so 3 – 4 opgehoopte eetlepels sous poeier in ‘n koppie en maak aan met lou water.
  • Voeg die aangemaakte poeier mengsel by die gebraaide uie.
  • Voeg die Worcestersous en tamatiesous of puree by.
  • Geur met sout en peper na smaak.
  • Kook op stadige plaat tot sous verdik.

Geniet!

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page