HELEEN SE SOUSPOEIER
Ek maak my eie bruin souspoeier. Dan vat ek so 3-4 eetlepels, meng met lou warm water en die vleis vet in pan.
Souspoeier:
Hierdie poeier kan jy gebruik om ‘n lekker bruin sous vir jou mkapokaartappels, rys of pap te maak of om bredies of kerrie te verdik.
- Meng die volgende saam:
- 2 pakkies Hearty Beef Stew
- 2 pakkies Savoury Instant Gravy
- 1 x 400 g pakkie Knorrox Soup Oxtail flavour poeier
Meng alles saam.
Stoor in ‘n lugdigte houer.
Om die bruinsous aan te maak:
- Ekstra:
- 1 groterige ui
- 500 ml kookwater
- ± 10 ml Worcestersous
- ± 10 ml tamatiesous of tamatiepuree
Braai die ui in die wors of vleis se vet tot bruin.
Voeg die kookwater by uie.
Skep so 3 – 4 opgehoopte eetlepels sous poeier in ‘n koppie en maak aan met lou water.
Voeg die aangemaakte poeier mengsel by die gebraaide uie.
Voeg die Worcestersous en tamatiesous of puree by.
Geur met sout en peper na smaak.
Kook op stadige plaat tot sous verdik.
Geniet!
Resep en foto: Heleen Nel