HELEEN SE OOND GEROOSTERDE HOENDER
- 1 heel hoender, skoongemaak
- gebruik speserye van jou keuse, ek het Cape Herb and spice’s Sweet Smoky BBQ en Robertson se rissie vlokkies of Calisto’s Smoked BBQ Spice gebruik
Stel oond op 180°C.
Sny olie pot uit of sny die hele stert gedeelte af en spoel hoender af.
Vryf die hele hoender met die speserye. Draai hoender onderstebo en gooi die speserye in die binnekant ook.
Sit hoender op ‘n draad pakkie in die oond pan.
Bak vir 25 minutes, draai dit dan om en bak vir ‘n verdere 25 minutes of tot hoender gaar is.
Laat effens afkoel en sny in porsies.
Resep en foto: Heleen Brümmer Nel