Your Recipe Blog

HELEEN SE JODETERT

Recipe by

HELEEN SE JODETERT

Hierdie is ‘n familie resep en ek deel dit graag met julle, want dit is ‘n uiters suksesvolle en gewilde resep, en heerlik die volgende dag.
Ek stel voor dat jy jou vla vroeg klaar maak, sodat dit kan afkoel heeltemal.

  • Kors:
  • 1 eetlepel botter
  • ¼ koppie suiker
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 2 eiers
  • 1 ½ koppie koekmeel
  • Vlatert vulsel:
  • 40 ml vlapoeier
  • 40 ml mielieblom
  • 2 ml sout
  • 200 ml suiker
  • 750 ml kookmelk
  • 1 geklitste eier
  • 5 ml vanilla geursel

Kors:
Klits die botter en suiker tot room. Voeg die eiers een, een na mekaar by. Meng baie goed na elke byvoeging.
Voeg droë bestanddele by om ‘n rolbare deeg te vorm. Deel die deeg in 6 bolle. Rol elke bol baie dun uit in 6 ewe groot ronde skywe.
Plaas op voorbereide bakplaat of ronde panne en bak by 190°C tot gaar, ongeveer 10 min.
Dit is redelike plat “koeke”.

Vlatert vulsel:
Maak vla deur die vlapoeier, mielieblom, sout en suiker te meng. Roer die kookmelk, eier en vanilla geursel by. Laat stadig kook tot gaar en verdik.
Laat vla heeltemal afkoel, en deel in 5 gelyke dele.
Smeer die vla op 5 korse, en stapel op mekaar, met vla heel-bo.  Krummel die 6de kors bo-op. Laat staan 1 dag in yskas voor gebruik.

Nota:
Dit is ‘n absolute moet dat dit oornag moet staan.
Die koeklagies en vulsel “fuse” dan saam, wat dit maklik maak om te sny die volgende dag.

Resep: Helene Kluge – Moeder se resep
Foto:  Rina Kleinhans
2de foto: Gerda Venter
3de foto:  Marietjie Gerber

Category:

One Review

  1. Denise Hutton

    Made this veniceian cake the taste is fabulous

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page