Your Recipe Blog

HELEEN SE HERDERSPASTEI

Recipe by
Cook: 45 minute

HELEEN SE HERDERSPASTEI

  • 700 g maalvleis
  • 1 ui
  • ½ teelepel naeltjies
  • ½ teelepel koljander
  • sout en peper na smaak
  • Worcestersous
  • tamatiesous
  • 10 aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 3 eetlepels botter of margarien
  • 1 eier
  • 1 koppie room of melk (ek gebruik room)
  • Aromat en peper

Braai die maalvleis en uie in ‘n bietjie olie. Geur met speserye (naeltjies, koljander, sout, peper, Worcestersous en bietjie tamatiesous).
Kook aartappels en maak fyn met masher, voeg bakpoeier, botter of magarien by en roer geklitste eier met 1 koppie melk of room in. Geur met Aromat of sout en peper.
Skep die helfte van kapokaartappels in gesmeerde diep oondbak en versprei oor bodem, skep dan al die maalvleis oor die laag aartappels.
Sprinkel bietjie tamatiesous oor en versprei oor die maalvleis.
Skep die res van kapokaartappels oor en maak patroontjies bo-op met vurk.
Bak in oond vir 45 minute by 180ºC tot mooi verkleur en deur warm.
Bedien met slaai.

Resep en fotos: Heleen Brümmer Nel

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page