Your Recipe Blog

HELEEN SE GROENTESOP

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 6 - 8

HELEEN SE GROENTESOP

  • 4 groot bees- of lamskenkels
  • ½ kool gekerf, opsioneel
  • 3 groterige tamaties, ontvel en in blokkies gesny
  • 1 pak botterskorsie (butternut), in blokkies gesny
  • 4 wortels, gerasper
  • 4 aartappels, in blokkies gesny
  • 3 preie, in ringetjies gesny of 1 ui fyn gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • pietersielie, fyngekap
  • 1 of 2 koppies grof gekapte seldery, stingels en blare
  • 2 Knorr “Beef stock pots”
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel peper
  • ½ teelepel naeltjies
  • 5 liter kookwater
  • 1 teelepel kerriepoeier
  • 50 ml tamatiesous
  • 30 ml Worcestersous
  • 2 pak “Mutton and Vegetable” soppoeier met 1 koppie koue water aangemaak

Sit die skenkels met bene, al die groentes, seldery, preie en pietersielie en die 2 stock pots gekrummel oor die groente in ‘n pot of prutpot.
Vul pot op met water en prut tot sag, ongeveer 3-4 ure.
Haal vleis uit, haal van die bene af en sny vleis in stukke.
Plaas die gesnyde vleis terug by die sopmengsel in die pot.
Voeg die naeltjies, kerriepoeier, sout, peper, tamatie en Worcestersous by en prut vir nog so ‘n half uur.
Meng soppoeiers met water en meng by sopmengsel in die pot.
Prut vir so 15 minute.
Bedien met broodjies of brood rolletjies.

Ons is 4, daar bly altyd oor vir nog ‘n keer, dan vries ek dit in sommer Stork 1kg magarine bakkies. As ek weer sop wil maak, haal ek net uit en ontvries dit en maak dit warm. Dit proe eintlik lekkerder as dit eers so gevries was en jy maak dit dan warm.

Prutpot Wenk:
Ek sit my al my sop bestanddele (behalwe soppoeier sout, peper, tamatie en Worcestersous) in my prutpot en kook oornag. Soppoeier aangemaak met koue water en sout, peper, tamatie en Worcestersous kom by nadat sop oornag gekook het. Voeg dit by en prut vir so 20 minute nog of tot die sop lekker verdik het.

Resep en foto:  Heleen Brümmer Nel

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page