HEERLIKSTE SADEBESKUIT
- 1 kg bruismeel
- 10 ml sout
- 10 ml bakpoeier
- 500 ml bruinsuiker
- 500 ml “rolled oats”
- 750 ml All Bran Flakes
- 500 ml sonneblomsade
- 2 eiers
- 500 ml karringmelk
- 500 g gesmelte botter
- 1 koppie sade – amandels/pekanneute/pampoen sade (ek vat pampoensade dis so bietjie goedkoper)
- 1 koppie semels (bran)
- 125 ml linsaad (flaxseed)
Meng al die droë bestanddele saam.
Klits eiers, karringmelk en botter saam.
Bak vir 1 uur op 180°C.
Droog uit op 70°C vir so ± 4 ure, voel aan beskuit en droog langer uit indien nodig.
Nota:
My ouma het altyd ‘n potjie se deksel in die deur van die oond gesit sodat die vog kan ontsnap.
Resep en foto: Lizelle Louw