Your Recipe Blog

HEERLIKSTE AARTAPPEL-SPUD

HEERLIKSTE AARTAPPEL-SPUD

Hierdie porsie is net vir een persoon, maar jy kan die resep aanpas.

  • 1 GROOT aartappel (dit was my hele aandete), gekook in soutwater tot sag
  • Braai saam:
  • 1 ui
  • 4 spierwit sampioene
  • kwart van ‘n klein soetrissie, alles opgesny in klein blokkies
  • knoffel in olie
  • braaispeserye, sout en varsgemaalde swartpeper
  • Ekstra:
  • 125 ml ham, in blokkies gesny
  • 250 ml dik witsous
  • Cheddarkaas, gerasper

Alles uitgebraai in bietjie olyf- of sonneblomolie.
Voeg hierby die hamblokkies, jy kan ander kouevleisies ook gebruik. (Ek koop mini-ham en laat dit opsny soos ek dit wil hê).
Maak ‘n lekker dik witsous en meng al die bogenoemde daarmee, 250 ml is genoeg.
Hol nou die aartappel uit, meng die aartappelvleisies ook met bogenoemde en skep terug in die aartappel.
Dit moet lekker hoogvol staan. Strooi Cheddarkaas bo-oor en bak in die oond by 180 ºC totdat die kaas goudbruin is.
Ek het myne genuttig met ‘n vars groenslaai en dit was so so lekker!

Resep: Wilma Josey Venter

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page