HEERLIKE YSTERVARKIES
- Koekdeeg :
- 4 eiers
- 500 ml witsuiker of strooisuiker
- 250 ml botter
- 125 ml melk
- 750 ml koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- 1 knypie sout
- Stroop:
- 750 ml witsuiker
- 200 ml kakao
- 375 ml water
- 15 ml botter
- klapper om oor koekblokkies te strooi
Koek :
Verhit die oond tot 180 ºC .
Klits die eiers, suiker en botter saam. Meng die melk in.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam en vou dit in die mengsel in.
Bak in ‘n gesmeerde reghoekige pan vir een uur lank.
Laat dit afkoel en sny die koek in blokkies.
Stroop :
Smelt die bestanddele tot ‘n sous saam.
Doop die koekblokkies in die sous en strooi klapper aan die kante.
Sit neer op draad rakkie om af te koel.
Verpak soos verkies.
Foto: Petro van Genderen