Your Recipe Blog

HEERLIKE YSTERVARKIE KOEK

Cook: 25 minute

HEERLIKE YSTERVARKIE KOEK

  • 200 g botter
  • 250 ml strooisuiker
  • 4 eiers
  • 500 ml koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • sout
  • 190 ml melk
  • Stroop:
  • 375 ml water
  • 80 g botter
  • 750 ml versiersuiker
  • 4 eetlepels kakao
  • 5 ml vanilla geursel
  • Versiering:
  • 250 ml klapper

Room botter en strooisuiker saam.
Voeg eiers een vir een by en klits tot goed gemeng.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout by.
Meng die melk met ‘n lepel by.
Skep mengsel in ‘n uitgevoerde koekpan en bak vir 25 minute teen 180ºC.
Laat koek behoorlik afkoel.

Stroop:
Verhit al die bestanddele saam in die mikrogolf.
Verhit vir 5 minute, roer en herhaal.
Laat die stroop effens afkoel, voordat jy dit oor die koek gooi.
Plaas die helfde van die stroop in ‘n diep bord en sit die koek daarin neer.
Druk gaatjies in die koek met ‘n sosatie stokkie, en voeg die res van die stroop oor die koek.
Laat staan die koek solank jy wil, afhangend van hoe nat jy die koek wil hê, ten minste 30 minute.
Gebruik nou ‘n skoon bord en vesprei die helfde van die koppie klapper daarin.
Verplaas die nat koek na die bord met klapper in en sprinkel die res van die klapper bo-oor en kante.
Versprei dit met jou hand oor die koek om dit egalig te maak.

Geniet!

Resep en foto: Salome Prinsloo

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page