Your Recipe Blog

HEERLIKE WORTELKOEK

Cook: 45 minute

HEERLIKE WORTELKOEK

Gister die lekker wortelkoek gebak. Moet sê dis regtig baie lekker. Ek sal enige dit tyd weer bak.

  • 200 ml kookolie
  • 250 ml bruinsuiker
  • 3 ekstragroot eiers
  • 375 ml koekmeel
  • 7 ml bakpoeier
  • 10 ml kaneel
  • 5 ml gemmer
  • 3 ml koeksoda
  • 3 ml sout
  • 625 ml wortels
  • 125 ml pekanneute

Verhit oond tot 180 ºC.
Meng olie en suiker goed saam.
Sif droë bestanddele in ‘n aparte bak saam.
Klits die eiers apart.
Meng helfte van die droë bestanddele by die olie- en suikermengsel in.
Meng die geklitste eiers hierby in en meng goed.
Voeg die res van die droë bestanddele by hierdie mengsel en voeg die fyngerasperde wortels en neute hierby. Meng beslag deeglik.
Plaas beslag in gesmeerde panne (sien nota) en bak vir ongeveer 45 minute tot gaar.
Wanneer die koeke gaar is, haal die panne uit die oond en laat dit effens afkoel in die panne voordat dit uit die panne gekeer word.
Geniet dit.

Nota:
Vir ‘n 2-laag koek van 30 cm in deursnee, word die beslag drie keer aangemaak en 2 x 30 cm panne gebruik. (Sien foto 1).
Vir ‘n 2-laag koek van 24 cm in deursnee word die beslag twee keer aangemaak en 2 x 24 cm panne gebruik. (Sien foto 2).

Resep gepos deur Rina Brits
Foto’s: Rina Brits

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page