Your Recipe Blog

HEERLIKE WESKUS SWARTMOSSELGEREG

HEEERLIKE WESKUS SWARTMOSSELGEREG

Liezl en my vrou, het onder my toesig vir ons hierdie heeeerlike Weskus swartmossel gemaak (self uitgehaal). Ons het dit saam met geroosterde brood geniet. Dit was djeeeerlik. Ons het die vloeistofbestanddele gehalveer, want ons het nie so baie mossels gehad nie.

  • 2 eetlepels botter
  • 1 ui, gekap
  • 4 knoffelhuisies, gekap
  • 2 rooi rissies, ontpit en gekap (ons het 3 gebruik)
  • 1 koppie witwyn
  • 500 ml room
  • 2 teelepels Aromat
  • 1 kg mossels
  • 1 suurlemoen se gerasperde skil
  • sprietuie, gekap

Verhit botter in pan en braai gekapte ui, gekapte knoffelhuisies en gekapte rooi rissies daarin vir 3 – 5 minute.
Voeg witwyn by en laat prut vir vyf minute.
Plaas room en Aromat by mengsel en laat  stadig kook op lae hitte vir nog vyf minute.
Voeg mossels by asook suurlemoenskil bo-oor. Plaas ‘n deksel op en kook stadig vir 8  – 10 minute.
Haal mossels uit en plaas in ‘n bak en skep die sous oor die mossels.
Garneer met gekapte sprietuie.

Foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page