Your Recipe Blog

HEERLIKE TUISGEMAAKTE TOEBROODJIESMEER

HEERLIKE TUISGEMAAKTE TOEBROODJIESMEER

Ek is baie lief vir sandwich spread op roosterbrood-maar in NZ word dit ingevoer en smaak dit nie soos die wat ek ken nie😢. Het al orals gesoek, maar kry dit nerens. My ma het toe vir my die resep gestuur wat sy jare gelede in haar eie kookboek geplak het, vir “tuisgemaakte toebroodjiesmeer” (aka sandwich spread!). Was bietjie lui vir die fyn snyery, maar het dit uiteindelik gemaak-en dis heerlik! Het resephoeveelhede bietjie aangepas-oorspronklike resep maak baaaaie…! My soekery kan nou uiteindelik stop.

  • 2 medium wortels, geskil
  • 1 medium ui, geskil
  • ½ groen soetrissie (green pepper)
  • ½ rooi soetrissie
  • ⅓ komkommer, skil en pitte verwyder
  • wit asyn
  • 300 ml mayonnaise
  • 3 ml sout, of na smaak
  • 5 ml suiker, of na smaak

Sny al die groente in baie klein blokkies. Sit in ‘n glasbak, en bedek met asyn. Laat oornag staan.
Dreineer goed en druk soveel moontlik vloeistof uit, meng met mayonnaise en roer sout en suiker by.
Skep in ‘n skoon glasbottel en bêre in die yskas.
Die resep maak 1 groot glasbottel vol smeer.

Nota:  Marieta Janse van Rensburg
Ek gebruik nie vars komkommer nie, dit word sleg. Sit gherkins en peppadews in en so klein bietjie kondensmelk om dit ‘n sweet en tangy smaak te gee.

Resep geplaas deur Ilze Garbers Jacobs
Foto: Ilze Garbers Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page