HEERLIKE TUISGEMAAKTE BURGERS
- Patties:
- 750 g kwaliteit maalvleis
- fyn gekapte ui
- 2 geklitste eiers
- sout, peper en speserye, na smaak
- 2 eetlepels asyn
Meng alles goed saam. Maak 8 groterige bolletjies. Vat ‘n Ricoffy blik se deksel gesmeer met bietjie olie. Plaas elke bolletjie in die deksel en druk lekker plat om mooi “patties” te vorm.
Bak in warm olie en draai net eenkeer om.
Nota: My patties het glad nie gekrimp.
Maak heerlike burgers met die gaar patties en die volgende sous, pak kaas, tamatie en blaarslaai op ‘n broodrolletjie soos verkies,
- Bredie sous:
- 2 groot uie, opgesny
- 4 medium tamaties, opgesny
Braai uie tot bruin, voeg die tamaties by. Braai saam en voeg sout en peper by asook bietjie suiker na smaak.
Prut tot sous bietjie verminder. Haal af sodra dit gaar en reg lyk.
Die sous wat oorgebly het, het ek gebruik vir hotdogs by die burgers.
Resep en fotos: Ronell Muller Boshoff