Your Recipe Blog

HEERLIKE TUISGEBAKTE WITBROOD

Recipe by
Cook: 40 minutes | Servings: 5 klein broodjies of 2 groot brode

HEERLIKE TUISGEBAKTE WITBROOD

  • 2.5 kg koekmeel
  • 30 ml sout
  • 50 ml witsuiker
  • 2 pakkies kitsgis
  • 125 gram gesmelte botter of bak-margarien
  • 1.5 liter louwarm water

Sif droë bestanddele saam, meng suiker, gis en smeer by, voeg nou die louwarm water by en knie goed tot ‘n sagte deeg vir so 10 min. Indien nodig, voeg nog water by, plaas in ‘n gesmeerde plastiekskottel van so 10 liter, bedek dit en laat die deeg rys op ‘n warm plek tot meer as verdubbel.
Die tyd hang af van die seisoen, in die winter neem dit maklik 2 ure en in die somer so 50 minute. Verdeel die deeg in 5 ewe groot dele vir die korter broodjies, of 2 vir 2 groot brode.  Plaas die deeg in die voorbereide panne en laat die deeg weer rys tot vol.
Sprinkel met water en plaas in die oond vir so 40 min op 190°C.
Smeer die brode met gesmelte botter wanneer dit uit oond kom vir ‘n mooi blink en sagte korsie.

Resep en foto: Magda van der Merwe

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page