Your Recipe Blog

HEERLIKE TJOPS

HEERLIKE TJOPS

  • 5 dik vark of beestjops
  • 5 dik uieskywe
  • 5 dik suurlemoenskywe
  • 75 ml bruinsuiker
  • 75 ml Worcestersous
  • 10 ml lemoensap
  • 5 ml sout
  • knippie pepper

Plaas tjops in vlak oondvaste bak met ‘n deksel. Sit uie skywe op elke tjop en suurlemoenskyf op elke uie skyf. Meng suiker, Worcestersous, lemoensap, sout en peper en giet oor tjops.  Sit deksel op en bak tjops 1 ½ tot 2 uur by 180ºC op middelste oondrak.

Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie
Foto: Adam Cloete

Nota Adam Cloete:
Die aartappels het ek half gaargemaak en ongeveer in helfte van die baktyd in die bak tussen die vleis geplaas.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5