Your Recipe Blog

HEERLIKE TAAI HOENDERPORSIES

HEERLIKE TAAI HOENDERPORSIES

Ek het die resep van een van ons lede bietjie aangepas en dit is regtig heerlik, pas net op vir aanbrand.

  • 10 – 12 hoenderboudjies en vlerkies ( 5 – 6 van elk)
  • sout en peper na smaak
  • 1 teelepel hoenderspeserye
  • 80 ml koekmeel
  • Sous:
  • 125 ml heuning
  • 125 ml suurlemoensap
  • 30 ml soyasous
  • 50 ml soetrissiesous (sweet chilli sauce)

Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Meng die meel, sout, peper en speserye saam in ‘n bakkie.
Rol die hoenderstukkies in die meelmengsel, skud die ekstra meel af en pak die vleis in ‘n oondpan in ‘n enkel laag.
Meng die sous bestanddele goed saam.
Skep die sous oor die hoenderstukkies en gebruik ‘n kwassie om die sous eweredig oral oor die hoender te smeer. Werk versigtig dat jy nie al die meel afhaal nie.
Bak teen 180°C vir 1 uur.
Draai gereeld die vleis om en verf weer van die sous oor, hou die sous dop in die pan, dit is geneig om baie vinnig aan te brand en sal dan bitter word.  Indien dit baie taai begin raak, giet net so klein bietjie water in die pan en bak verder.  Hou maar met elke omdraai van die vleis dop en sit bietjie water by.  Baie min water is nodig dit is net om te keer dat jou sous nie vasbrand nie.
Regtig baie lekker en glad nie soet nie, maar lekker taai.

Resep aangepas en foto:  Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page