Your Recipe Blog

HEERLIKE SPURBROODJIE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 60 minutes

HEERLIKE SPURBROODJIE

Foto: Claudia Bellink

  • 1 liter kookwater
  • 125 ml bruinsuiker
  • 4 x 250 ml semels
  • 500 ml koekmeel
  • 500 ml volkoringmeel
  • 5 ml sout
  • 5 ml bakpoeier
  • 250 ml droëvrugte koekmengsel
  • 250 ml sonneblomsaad
  • 10 ml koeksoda, opgelos in 25 ml water
  • Voorverhit die oond tot 180°C.
  • Spuit twee broodpanne van 21 x 11 x 7 cm (of wat jy het) met kleefwerende middel.
  • Giet die kookwater oor die bruinsuiker en roer tot dit opgelos is.
  • Voeg die semels by en laat afkoel.
  • Meng die res van die bestanddele saam en giet die semelmengsel by.
  • Meng goed deur en skep in die voorbereide panne.
  • Bak vir 1 uur lank of tot gaar.
  • Bedek die brood na sowat 20 minute met tinfoelie sodat dit nie bo-op te donker word nie.
  • Keer uit op ‘n draadrakkie en laat afkoel.
  • Dien op saam met lekker vars botter en geniet.
  • As jy die standaardpanne soos hierbo gebruik, sal die beslag genoeg wees om twee mooi broodjies te bak.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page