Your Recipe Blog

HEERLIKE SOUSVERDIKKER

HEERLIKE SOUSVERDIKKER

Na aanleiding van Hannie Steyn se navraag oor self gemaakte sousverdikkers (soos deur ons oumas gemaak), het ek gaan soek, gekry en resep beproef! Hier is die resep:

  • 130 g koekmeel
  • ¼ teelepel neutmuskaat
  • ½ teelepel sout
  • ½ teelepel Aromat
  • ½ teelepel paprika

Plaas die meel in ‘n “non stick” pan en maak op lae tot medium hitte warm. Roer regdeur die proses goed. Roer vir ongeveer 15 – 25 minute tot meel ‘n karamel kleur het.
Haal van plaat af en voeg nou die neutmiskaat, sout, Aromat en paprika by.
Sif alles so 2 keer goed, sodat al die speserye kan deurmeng.
Skep in ‘n glasbottel. Laat goed afkoel voor jy die bottel toemaak.

Vir gebruik:
Skep 1 opgehoopte eetlepel vol en meng met bietjie koue water. Voeg by jou kos. Jy kan meer byvoeg volgens wat jy nodig het.
Hierdie is die basis resep. Daarna kan jy bietjie hoenderspeserye byvoeg vir hoender geregte en kerriepoeier/rissiepoeier vir bietjie woema.
Geniet!!

Resep geplaas deur Santie Carelse
Foto 1: Santie Carelse

Foto 2 en Nota: Hannie Steyn
Ek het die sousverdikker ook gemaak en getoets met ‘n sny brood en margarien. Was baie lekker en nie so sout soos Bisto nie. Ek het so bietjie afgewyk van die resep hierbo en Worcestersous Braai Mix bygegooi. Ek dink hierdie mengsel gaan enige vleis se smaak aanneem.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page