HEERLIKE SOETSUUR SOUS
Ek het vandag soetsuur vark gemaak met gebraaide rys en aartappel wiggies. 😋
- ¼ koppie tamatiesous
- ¼ koppie asyn
- bietjie soja sous
- 4 teelepels suiker
- bietjie sout
- bietjie olyf olie
- 1 koppie water
- 2 opgehoopte teelepels Maizena
Meng alles saam en laat stadig kook tot suiker gesmelt het.
Proe die verhouding tussen soet en suur. Voeg bietjie by wat jy kort.
Te suur, sit suiker by. Te soet, sit asyn by.
Wees versigtig dat jy nie brand nie.
Meng die Maizena met ‘n bietjie water. Meng dit in by die sous terwyl dit prut en roer goed deur.
Die sous sal nou mooi blink wees. Moenie te dik maak nie. Dit moet loperig wees.
Mariè se soetsuur varkblokkies in ‘n deeg:
Ek gebruik “pork belly” varkvleis in blokkies gesny. Slagter kan doen of ek koop kebabs en trek vleis van die stokkies af.
- 1 koppie bruismeel
- 1 koppie water
- kruie en speserye van jou keuse
- sout en peper na smaak
- knippie paprika
- olie vir vlak braai
Plaas in ‘n mengbak (1 op 1) en meng goed met ‘n “whisk” dat dit ‘n gladde deeg vorm.
Deeg moet nie te slap wees, jy wil hê dit moet vasklou aan die vleis blokkies.
Voeg die speserye in die deegmengsel asook die sout en peper. Meng goed deur.
Vir kleur sit ek paprika in en meng goed deur.
Sit die vleisblokkies in die mengsel en sorg al die blokkies goed bedek is.
Laat staan dit nou eenkant en berei die rys en sousie voor.
As jy reg is, sit olie in pan vir vlak braai. Nie te vlak nie. As olie lekker warm is, sit blokkies in olie tot mooi verkleur en gaar.
Olie moet nie te warm wees nie dan gaan die blokkies te vinnig donker word. So 6 min of kyk maar dit hang af van die grote en dikte vn die blokkies.
Skep uit met ‘n gleuflepel en sit op handdoek papier om oortollige olie te dreineer.
Bedien deur die rys en vleisblokkies op elke bord te skep, en dan die sous bo-oor die vleisblokkies te skep. Lekker eet.
Resep en foto: Marié Fourie
Thank you thank you. Do you have a recipe for the batter to dip the pork pieces before it is fried in oil?
HI Herman, ek het vanoggend vir jou ‘n skakel gegee met heerlike resepte, hoop jy het gerky, maar jy kan maar net hier op ons website soek ook, gaan in onder die kategorie vark, en sit in sweet and sour of soet suur en jy sal wonderlike resepte kry.
Hoop jy kom reg.