Your Recipe Blog

HEERLIKE SOET YSTERVARKIE KOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 min + 10 min.

HEERLIKE SOET YSTERVARKIE KOEK

Ek het die koek saamgestel uit 3 resepte:
My ouma Rutti se witkoek, die Kook en Geniet se klapper vulsel en Watertand Wenners se ystervarkie stroop.
Bak 2 lae witkoek:

  • Beslag:
  • 1 ¾ koppies koekmeel
  • ¼ koppie Maizena
  • 1 ½ koppies suiker
  • 3 of 4 eiers
  • ¼ lb botter (125 g)
  • ¾ koppie melk
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 1 teelepel vanilla
  • knippie sout

Kook botter en melk saam.
Klits eiers en suiker goed, en voeg droë bestanddele, buiten bakpoeier by.
Voeg dan botter en melk mengsel by.
Voeg laaste bakpoeier en dan die geursel by.
Roer goed.
Bak 20 min by 200ºC.
Terwyl die koeke bak, maak die stroop en gooi oor sodra uit die oond kom.

Nota:
Vir sjokolade koek:
Voeg 2 eetlepels kakao by droë bestanddele en laat 4 eetlepels van die koekmeel weg.

  • Stroop:
  • 2 koppies suiker
  • 225 ml water
  • 2 eetlepels margarien
  • 3 eetlepels kakao
  • ½ teelepel vanilla
  • klapper om oor koeklae te strooi

Meng en verhit alles, behalwe vanilla tot kookpunt. Haal van stoof af en gooi geursel by.
Gooi warm oor koeke (bo, onder en kante).
Strooi dan klapper oor die koeke.

  • Vulsel:
  • 1 eier
  • ½ koppie strooisuiker
  • 2 eetlepels suurlemoensap
  • ½ koppie droë klapper

Klits eiers baie goed en gooi strooisuiker geleidelik by.
Voeg suurlemoensap by en kook in dubbelkoker oor kookwater tot verdik (ongeveer 10 min)
Roer klapper by.
Smeer so warm op 1 koek laag en sit die 2de een bo-op.
Baie soet, maar baie lekker.

Foto en resep: Erna Van der Merwe

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page