HEERLIKE SKAAPVLEIS IN TAMATIE
Vandag bietjie gekook. Skaap in tamaties, boontjies en aartappel mash, soetwortels met vars gemmer en heuning, blomkool in kaassous en gebakte aartappels.
- 1.5 kg skaapvleis
- 1 blik tamatiepuree
- 1 blik heel kersie tamaties
- 750 ml beesaftreksel
- 250 ml rooiwyn
- 2.5 ml koriander
- 2.5 ml komyn
- 2.5 ml paprika
- 2.5 ml tiemie
- 2.5 ml origanum
- 2 teelepels suiker
- sout en peper na smaak
- 1 eetlepel fyngekapte knoffel
Braai skaapvleis aan beide kante tot geseël.
Voeg al die bestanddele by, bedek met deksel of foelie en bak teen 180 ºC vir so ongeveer 2.5 ure.
Draai elke nou en dan die vleis om en bak tot die vleis sag is en die sous lekker verdik het.
Geniet saam met bykosse van jou keuse.
Resep en foto: Charleen Nieuwenhuizen