Your Recipe Blog

HEERLIKE SJOKOLADE SOUSKLUITJIES

HEERLIKE SJOKOLADE SOUSKLUITJIES

Resep: Petra Pretorius
Foto: Piet Pompies

  • Meng die volgende bestanddele saam in ‘n mengbak:
  • 1 koppie (250 ml) koekmeel
  • 2 teelepels (10 ml) bakpoeier
  • 2 eetlepels (30 ml) suiker
  • 2 eetlepels (30 ml) kakao
  • ½ teelepel (2.5 ml) sout
  • Vryf die volgende in by die droë bestanddele:
  • 2 eetlepels (30 ml) botter of margarien
  • Klits die volgende saam en meng in by die meelmengsel:
  • 1 eier en
  • 100 ml melk
  • Bring intussen 4 koppies (1 liter) water in ‘n kastrol tot kookpunt.
    Jy kan 1 teelepel (5 ml) kaneel en 6 kardemompeule se fyn gekapte sade byvoeg vir ekstra geur.
  • Doop’n lepel in die pruttende water, en skep dan lepel-vir-lepel die deeg in die kastrol.
  • Plaas die deksel op en kook 10 minute – sonder om een keer die deksel op te lig.
  • Skep die kluitjies in ‘n opdienbak uit en plaas ‘n deksel op.
  • Maak die sous deur:
  • 2 eetlepels (30 ml) kakao met van die vloeistof in die kastrol te meng tot ‘n paste, voordat jy dit byvoeg by die res van die vloeistof in die pot.
  • Voeg ook 1 koppie (250 ml) donker bruinsuiker en 2 eetlepels (30 ml) botter of margarien by.
  • Roer en bring dit tot kookpunt. Prut vir 1 – 2 minute totdat die sous dik is en ‘n mooi glans het.
  • Hou van die sous uit in ‘n sousbekertjie en giet die res oor die kluitjies.
  • Bedien met roomys indien jy dit so verkies, maar natuurlik met ekstra sous.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page