Your Recipe Blog

HEERLIKE SEEKOSSOP OF BASIS VIR PASTA

HEERLIKE SEEKOSSOP OF BASIS VIR PASTA

Resep en foto: Anne-Marie Wiehahn

  • Maak n lekker tamatie basis soos vir pasta.
  • Plaas die volgende in ‘n  pan:
    ¼ koppie sonneblomolie
    2 eetlepels botter
  • Braai daarmee saam:
    1 geelwortel gerasper
    1 ui fyn gekap
    2 selderystingels fyn gesny
    1 rooi soetrissie in blokkies gesny
  • Braai tot sag en geurig
  • Voeg die volgende daarby:
    1 blik fyngekapte Italiaanse tamatie by
    1 blik water Gebruik die blikkie van die tamaties)
    ¼ koppie witwyn
    sout en peper na smaak of vis-speserye
  • Prut vir 20 minute tot olie druppels vorm op die sous.
  • Spoel intussen seekos af onder lopende water en voeg by die tamatiemengsel.
  • Bring tot kookpunt en prut vir 5 minute tot gaar (dit word gou gaar)
  • Terwyl dit prut rasper 3 knoffelhuisies fyn, smelt saam met 3 eetlepels botter in mikrogolf tot geurig Voeg by die seekosmengsel.
  • Opsioneel:
  • Voeg ‘n paar stukkies sout ansjovis by vir ekstra umami smaak. Proe weer of sout reg is.
  • Bedien oor pasta of eet as ‘n sop met vars ciabatta brood.
  • Nota: Die ui, wortel, seldery en soet rooirissie is noodskaaklik vir lekker basis vir tamatie. Dit kan reeds vorige dag gemaak word.
    (Vars tuisgemaakte viskopaftreksel is n bonus)
  • En laastens die ekstra knoffel in botter bring die smake bymekaar.
    Maak ook seker dis italiaanse tamatie, ons plaaslike tamaties is te suur.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page