Your Recipe Blog

HEERLIKE SAGTE LAMSKENKELS

HEERLIKE SAGTE LAMSKENKELS

  • 4 lamskenkels (ons dames sin was so 400 g en die mans sin was so 600 g)
  • koekmeel om die skenkels in te rol
  • 4 heel naeltjies
  • 1 ui
  • gemengde kruie, na smaak
  • sout en peper, na smaak
  • Meng die volgende saam vir die sous:
  • ½ bottel KWV Merlot
  • ½ koppie Mrs Balls blatjang
  • ½ koppie Worcestershire sous
  • 1 eetlepel asyn
  • 1 eetlepel bruin suiker
  • 1 knoffel huisie, fyn gekap
  • Sous vir bedien:
  • Rooiwyn sous (waarin skenkels gekook is)
  • Bisto
  • koue water om Bisto aan te maak

Rol die skenkels in meel en braai liggies in olyfolie tot dit geseël is.
Plaas die skenkel en ongeveer 2 kp water in die elektriese stoompot op matige stoom vir 15 minute. Sodra dit uit die stoompot kom sit, jy jou oond aan op 180 ºC en plaas die skenkels in ‘n oondvaste bak met ‘n deksel.
Meng die wyn, bladjang, knoffel, Worcestershire, asyn en suiker.
Sit die naeltjies in die oondbak op verskillende sye van die bak.
Sny die ui in die helfte en dan in ringe en plaas ook rond in die bak.
Giet die sous oor die skenkels.
Sprinkel die gemengde speserye, sout en peper oor na smaak. Plaas deksel op en sit in die oond.
Kyk so na ‘n uur of daar nog genoeg vloeistof in die bak is en skep dan sommer van die sous oor die skenkels.

Nota:
Ek loer so elke uur en die skep ek weer wat die sous oor.
Na 2 ure in die oond draai jy die skenkels om.
Bak dan vir nog 2 ure.
Haal deksel af en laat bak dit nog so 5 minute.

Ek het van die rooiwynsous waarin die skenkels gebak het, gebruik en ‘n bietjie Bisto in water aan gemaak en toe by die rooiwynsous gegooi en bietjie laat prut.
Dit bedien ek oor die skenkels na ons opgeskep het.
Bedien met kapokaartappels en slaai of groente.
Ons is baie lief vir slaai en groente so ons het so ‘n skeppie van elk gehad.

Dit is heerlik! Myne het amper heel van die been af gekom en die vleis was sappig en sag!

Foto en resep: Letitia Henscock

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page