Your Recipe Blog

HEERLIKE RYK AARTAPPELSOP

HEERLIKE RYK AARTAPPELSOP

Met die weer was sop nou net die regte ding! Heerlike ryk aartappelsop.

  • 4 medium preie, gekap
  • 500 g spekblokkies
  • 2 eetlepels botter
  • 10 aartappels, geskil en in kwarte gesny
  • 2 liter water

Verhit botter in ‘n pan en braai preie tot sag, verwyder uit die pot.
Sit die spek in die pan en braai goed.
Voeg preie weer by spek en voeg die aartappels by.
Voeg water by en kook aartappels tot sag.

  • 1 teelepel gemengde kruie
  • varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 blikkie hoenderroomsop
  • 1 pakkie hoenderroomsoppoeier
  • 1 pakkie sampioensoppoeier
  • 1 pakkie wituiesoppoeier
  • 250 ml vars room
  • 1 liter melk

Meng die soppoeiers met 500 ml van die melk.
Voeg al die bestanddele by die aartappels en kook deur tot verdik.
Blits alles goed fyn met ‘n “stickblender”.
As die sop te dik is, voeg meer melk of water by tot jy tevrede is.
Voeg sout by na smaak.
Kook deur en geniet.

Resep en foto:  Willem Bierman

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page