HEERLIKE ROMERIGE FRIKKADELLE
- 1 kg maer maalvleis
- 250 ml room (ek het volroom jogurt gebruik)
- 1 pakkie bruin uiesoppoeier
- 250 g gekerfde sampioene
- 1 pakkie bruin uiesoppoeier vir die sous
Meng die maalvleis, room en bruin uiesoppoeier goed saam en vorm balle.
Mikrogolf op hoog vir ongeveer 20 minute. Haal uit bak en hou eenkant.
Plaas die sampioene in dieselfde bak en mikrogolf ongeveer twee minute.
‘n Blik gekapte sampioene kan ook gebruik word.
Voeg die bruin uiesoppoeier by en meng goed met ongeveer 150 ml kookwater en meng in by die sampioene.
Mikrogolf vir 2 minute. Voeg nog water by in die bak as die sous te dik is.
Plaas frikkadelle terug in bak en mikrogolf 2 minute tot goed warm.
Bedien saam met fyn aartappels en groente van keuse.

Resep geplaas deur Francis Schoeman
Foto: Adam Cloete
Foto: Adam Cloete
Category: