Your Recipe Blog

HEERLIKE ROMANY CREAMS

Cook: 8 - 10 minute

HEERLIKE ROMANY CREAMS

Ek neem vrymoedigheid vanmiddag om my oorlede Moeder se Romany Creams reseppie met julle te deel.
Dit is regtig heerlik.
  • 250 g Holsum margarien (ek het wit Wooden Spoon gebruik)
  • 250 g botter of Stork Bake
  • 1 ½ koppie (375 ml) suiker, wit of bruin
  • 4 koppies (1000 ml) koekmeel
  • 4 koppies (1000 ml) klapper
  • 4 eetlepels (100 ml) kakao
  • 2 teelepels (10 ml) vanilla geursel
  • 2 eetlepels (50 ml) gouestroop
  • 4 eetlepels (100 ml) kookwater
  • 6 teelepels (30 ml) bakpoeier

Room die margarien, Holsum en suiker tot lig.
Voeg die vanilla geursel, stroop en kookwater by.
Sif die droë bestanddele saam en voeg by.
Meng goed en maak ovaal of ronde balletjies, plaas op bakplaat en druk plat met ‘n vurk.
Bak vir 8 – 10 minute by 170°C – 180°C.

Nota:
Ek bly by die see en het by 170°C gebak.

Sit twee-twee opmekaar met die volgende vulsel:

  • Vulsel:
  • 1 koppie (250 ml) versiersuiker
  • 2 desertlepels (30 – 50 ml) kakao hang af hoe “potent” jou kakao is
  • 125 ml botter vanilla geursel

Klits alles tot lig en donsig en smeer mildelik op koekie en plaas ander enetjie bo-op.

Resep en foto: Ria Smith

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5