HEERLIKE “RHUBARB CRUMBLE” (roebab)
Voorverhit die oond tot 160 ºC.
Sny rhubarb in 3 cm stukkies, plaas onder in ‘n oondpan met deksel. Strooi suiker oor na smaak, en meng deur. Geen water nodig.
Kan steranys en/of kaneel stok by sit, maar dis nie noodsaaklik. Bak met deksel op tot sag maar nie pap nie. Verwyder uit oond.
Stel hitte op na 180º C.
Berei die krummelmengsel voor.
- Krummelmengsel (crumble):
- ¾ koppie koekmeel
- ½ koppie witsuiker + ¼ koppie bruinsuiker
- ¾ koppie gekapte pekanneute
- 6 eetlepels botter
- ¼ teelepel sout
Meng die bestanddele en vryf tot dit lyk soos growwe krummels.
Skep van die rhubarb in die gespuite ramekins vir enkel prosies, skep ‘n laag krummelmengsel oor en bak tot gaar en bruin.
Bedien met room of roomys.
Foto en resep: Petro Borchard