HEERLIKE PLAATKOEKIES MET BROODMEEL
Paul Hollywood se Crumpets vanoggend gemaak vir ontbyt – met tuisgemaakte appelkooskonfyt en kaas.
- 175 g sterk witbroodmeel
- 175 g koekmeel
- 14 g kitsgis
- 1 eetlepel strooisuiker
- 350 ml warm melk
Los die suiker in die melk op, giet by die meel en meng goed.
Baie harde werk vir die hande, trek die menger nader en laat loop vir so 3 minute.
Sit ‘n doek oor en laat rys vir 1 uur. Die deeg sal hoog rys en dan begin terugval, dis wanneer dit reg is om te gebruik.
- Meng nou:
- 150 ml lou water
- ½ teelepel koeksoda
- 1 teelepel sout
Klop by die meelmengsel om ‘n dikkerige deeg te vorm. Laat staan vir 30 minute.
Bak in houertjies in ‘n pan op matige hitte. Wag tot die bokant byna gaar is voordat dit omgedraai word.
Geniet!
Resep geplaas en foto: Nicolette Fick