HEERLIKE MURGPAMPOENTJIE EN SAMPIOEN GROENTE
My man is glad nie baie lief vir groente nie, hy eet dit maar is nie lief daarvoor nie. Vandag is hier groente gebore uit nood, en hy was mal daaroor, so ja ek sal dit beslis weer maak. Syne het die room oor gehad en myne was daarsonder, altwee is regtig lekker, die sampioene en murgpampoentjie saam kan ek aanbeveel.
- ½ bakkie sampioene, grof gesnipper
- 5 – 6 groterige murgpamoentjies, in ringetjies gesny
- 5 spinasie blare, gewas en fyn opgesny
- 50 ml songedroogte uie
- 50 ml songedroogte tamaties
- paar spriete “garlic chives”, fyn gesny
- 2 eetlepels gekapte vars pietersielie
- 2 vingers vars knoffel, fyn gekap en opsioneel
- 100 ml vars room, opsioneel
- Italian herbs, Lemon and Rosemary van Ina Paarman
- sout en varsgemaalde swart peper
- room, opsioneel
Sit ‘n potjie water op die stoof en laat kook, sit die gesnyde murgpampoentjies in en kook vir so 5 min, haal uit en spoel af onder koue water, sit eenkant. Doen dieselfde met die spinasie, en hou eenkant.
Nota:
Dit is moeite, maar dit hou jou groente mooi groen.
In ‘n lekker groot pan braai jy die res van die bestanddele in bietjie olyf olie. (Uitgesluit die room, spinasie en murgpampoentjies)
Sodra die sampioene begin sag word, sit die murgpampoentjies en spinasie by.
Roer deur, draai plaat bietjie stadiger en braai alles saam vir so 5-8 min.
Dit moenie water maak nie dan is jou plaat te laag.
Voeg die kruie, sout en peper by na smaak.
Nota:
Indien verkies kan die room oorgegooi word en net weer lekker deur gekook word dat die room bietjie verdik, maar onthou dit verander die kleur van jou gereg.
NS:
Dit is baie lekker met die room, kan dit aanbeveel as jou dieet dit toelaat.
Bedien dadelik saam met oondgebraaide hoender en gebakte aartappels.
Resep: Rina Kleinhans
Foto: Malinda Marjee Walker