HEERLIKE MOUSSE VIR MOUSSEKOEK OF VERSIERSEL
Resep en foto: Frans van Rensburg
- 1 pak (400 g) SPAR se Quick mousse (wit of sjokolade)
- 3 koppies koue melk
- 1 x 150 g Bourville donker Sjokolade slab of enige sjokolade van jou keuse (nie bak sjokolade nie)
- Plaas die moussepoeier en melk in die menger en klits goed deur. Hoe langer jy klits hoe ligter raak die kleur, so indien jy ‘n donker sjokolade kleur wil hê, moenie te veel klits nie.
- Smelt die sjokolade in die mikrogolf (30 sekondes op ‘n slag, pasop vir te lank).
- Laat loop die menger en sit die gesmelte sjokolade stadig by terwyl jy klits.
- Klits nou lekker totdat dit styf is.
- Vir ‘n moussekoek:
- Bak ‘n gewone 1 laag sjokolade koek, of sny die laag in twee, as jy die koek laag nie so dik wil hê nie.
- Plaas die afgekoelde koek/laag in ‘n los boom pan. Skep die hele mousse mengsel bo-op die koeklaag en plaas oornag in die yskas.
- Versier soos verkies.
- Vir versiersel:
- Gebruik dieselfde mengsel, plaas in die yskas tot goed styf, dan kan jy daarmee “pipe” of versier soos verkies.
Category:












