HEERLIKE MELKTERT JAFFELS
- 1 liter melk
- 6 eetlepels suiker
- 1 eetlepel margarien
- 2 eiers, geskei
- ½ koppie melk
- 4 eetlepels Maizena
- 2 eetlepels koekmeel
- 1 eetlepel vanilla geursel
- brood van jou keuse
Kook melk, suiker en margarien saam.
Klits 2 eiergele saam in ‘n halwe koppie melk.
Voeg dan Maizena en koekmeel by eiergele.
Voeg die eiergeelmengsel by die melkmengsel op die stoof.
Roer aanhoudend om klonte te voorkom.
Klits die eierwitte styf en laat staan eenkant.
Haal die melkmengsel van die stoof af.
Vou die vanilla en styfgepklopte eierwitte daarin.
Laat staan tot dit heeltemal koud is.
Smeer 2 snye brood net aan die buitekante met botter.
Plaas 1 sny brood in die jaffle pan en skep ± 2 eetlepels vulsel daarop.
Plaas die ander sny brood met botterkant na buite bo-op en maak jaffelpan toe.
Rooster tot die jaffel albei kante bruin raak.
Haal van die stoof af, maak oop en keer die jaffel uit.
Plaas op ‘n bord en strooi kaneelsuiker oor aan beide kante.
Foto en resep: Jane Lerm